Ekonomie knyp, skuldvlakke daal effe

Die Bank van Namibië het die jongste statistieke vir geldsake vir Mei 2021 bekend gemaak. Inflasie is op 3,8 persent gemeet, wat gedryf word deur die baie hoë voedselpryse. In Suid-Afrika is inflasie tans op 5,2 persent alhoewel die buurland se voedsel effe goedkoper is. Privaatsektor kredietverlening is op 2,8 persent teenoor 3,1 persent in April. Huishoudelike krediet is tans op 4 persent, op van 3,9 persent in April en skuld wat deur besighede gemaak is, is op 1,2 persent teenoor 2 persent in April. Afbetalingskrediet het negatief gegroei en is op minus 2,9 persent gemeet. Oortrokke fasiliteite het ook gedaal en is op 9,2 persent in Mei aangeteken teenoor 11,7 persent in April.