Tabakbedryf vorder goed in Zim

Die tabakbedryf in Zimbabwe groei steeds. Tabak is Zimbabwe se grootste buitelandse verdiener ná goud, wat ‘n inkomste van sowat 1,6 miljard Amerikaanse dollar van die 3,2 Amerikaanse dollar van uitvoere in 2018 ingebring het. Tabak het ‘n inkomste van 892 miljoen Amerikaanse dollar ingebring uit 184,1 miljoen kilogram wat in 2018 na China, Suid-Afrika, Indonesië, België en die Verenigde Arabiese Emirate uitgevoer is. Deon Theron, die voormalige president van die kommersiële boerevereniging in Zimbabwe het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.