Pupkewitz-stigting dra ook by

Die Pupkewitz-stigting het 21 ton suurstof aan die regering geskenk as deel van die privaatsektor se bystand aan owerhede tydens die pandemie. Die besending is afgelewer by die Katutura-hospitaal in die hoofstad. Volgens die stigting, vorm die skenking deel van ‘n breër inisiatief wat hy in April verlede jaar reeds van stapel gestuur het en meer as 4,5 miljoen Namibiese dollar is in die afgelope jaar aan gesondheidsbystand bestee. Die skenking dek voedsel, ses Covid isolasie-eenhede en vraghouers as tydelike lykshuise, onder andere. Die infrastkruktuur en personeel van die Pupkewitz groep van maatskappye is in die bystand benut en net verlede jaar is 40 000 individue voedsel bygestaan. Die stigting is amper 20 jaar gelede gestig en is bedrywig in verskeie projekte regoor die land.