Ekonome: Landwye staking in SA sal ekonomie knou 

Ekonome waarsku die landwye staking in Suid-Afrika wat vir Woensdag beplan word, sal waarskynlik die ekonomie verder beskadig. Cosatu en Saftu beplan versetoptrede en saamtrekke regoor die land in ‘n poging om hul frustrasie uit te spreek oor die stygende lewenskoste, kragonderbrekings, hoë brandstofpryse en werkloosheid. Suid-Afrika se grootste vakbondfederasies vra groot beleggings om ekonomiese groei te bevorder en werk te skep. ‘n Ekonoom, Isaac Matshego, sê om op te ruk na die strate, kan die einste ekonomie wat die vakbonde probeer beskerm, juis destabiliseer.