‘Ek het niks om te bewys nie’ – Verstappen

Red Bull se Formule Een-bestuurder, Max Verstappen, sê hy het nie nodig om enigiets te bewys nie. Die bestuurshoof van McLaren Racing, Zak Brown, het vroeër gesê ’n botsing tussen Verstappen en die Mercedes-jaer Hamilton op die eerste draai hierdie seisoen is onvermydelik. Hamilton sê hy het dit tot sover reggekry om ‘n botsing te verhoed, maar met nog 19 wedrenne wat voorlê, kan dit moontlik gebeur. Hamilton het bygevoeg hy glo Verstappen het dalk baie om te bewys. Verstappen sê hy jaag vinnig, maar regverdig: