Eise teen Nampol neem skerp toe

Die Namibiese polisie het 200 siviele sake aangeteken wat verband hou met polisiebrutaliteit tussen 2011 en 2021. In 37 van die sake was daar reeds uitbetalings van sowat 2,8 miljoen Namibiese dollar. Plaaslike media berig dat eise teen die mag toeneem met 248 sake wat in die afgelope twee jaar geregistreer is. Die nasionale polisiewoordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, sê 151 sake van aanranding wat tot siviele sake gelei het, is gedurende 2011 en 2021 aangeteken. Sy voeg by dat altesaam 32 siviele eise, wat met teistering verband hou, is gedurende dieselfde tydperk aangemeld.