EIF: Vissery-sektor benodig fondse teen klimaatsverandering

Die Namibiese vissery-sektor is kwesbaar vir eksterne ekonomiese en ekologiese skokke wat visvang-volumes onvoorspelbaar maak as gevolg van veranderinge in die Benguela-seestroom as gevolg van klimaatsverandering. Voorlopige evaluasies dui daarop dat klimaatsverandering die verspreiding van mariene spesies beïnvloed as gevolg van die veranderinge in temperatuur. Die Omgewingsbeleggingsfonds, die EIF, wil hierdie kleinskaalse vissers help om by die impak van klimaatsverandering aan te pas. Die EIF beoog om voorleggings vir fondse in die verband aan die Wêreld-Klimaatsfonds se raadsvergadering in Oktober te maak.