EIF se kroningsaand Vrydag

Die derde Volhoubare Ontwikkeling-toekennings van die Environmental Investment Fund of Namibia vind uiteindelik Vrydag plaas nadat dit in die verlede weens Covid-19 uitgestel is. Die Kommunikasiehoof van die EIF, Lot Ndamonomhata, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê voorbereidings vorder goed en hulle sien uit na ‘n aand van vieringe.