SA: Tweede dosis inentings vertraag

Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het bekend gemaak dat die tweede dosis van die Covid-19-inenting met drie maande vertraag is. Hy vra dat die land geduldig moet wees terwyl daar op nog inspuitings gewag word. Suid-Afrika wil teen die einde van Junie vyf-miljoen senior burgers inent. Mkhize het ook bevestig dat die Johnson and Johnson-inspuitings hierdie week beskikbaar sal wees.