Chinees, Zimbabwiër vas oor perlemoen

‘n Chinees en Zimbabwiese burger sal na verwagting môre in die hof in Atlantis aan die Weskus verskyn ná hul inhegtenisneming weens die besit van perlemoen ter waarde van bykans 10 miljoen Namibiese dollar. Die Valke, Misdaadintelligensie en die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het inligting ontvang oor die vervoer van die fynproewerskos. Beamptes het twee voertuie op die N7 naby Malmesbury onderskep en 70 bokse met byna 24 000 gedroogde perlemoen gevind. Hulle het die twee bestuurders in hegtenis geneem, een is ‘n Zimbabwiese burger en die ander is ‘n Chinese burger.