Arsenal vasberade om in Premierskap-titelstryd te bly

Sokker: Die stryd tussen drie spanne in die Engelse Premierliga woed voort. Arsenal is volgens doelverskil voor Liverpool, met Manchester City een punt agter hulle. Maar die verdedigende kampioene City het nog ‘n wedstryd oor. Arsenal is volgende aan die beurt wanneer hulle vanaand hulle Londen-teenstanders Chelsea verwelkom. Die bestuurder Mikel Arteta sê hulle is vasberade om deel van die stryd te bly.