Britse troepe sal ook uit Afghanistan onttrek

Brittanje se eerste minister, Boris Johnson, sê die oorblywende Britse troepe in Afghanistan sal binnekort terugkeer huis toe. Die meeste van die oorblywende 750 troepe is reeds onttrek. Johnson het intussen belowe dat die onttrekking nie die einde beteken van Brittanje se verbintenis tot dié land nie. Dit volg 20 jaar ná die inval in Afghanistan in reaksie op die aanval op die twee torings van die Wêreld-handelsentrum in New York. Johnson sê sy regering sal hom steeds vir ‘n onderhandelde skikking in die land beywer, wat die Taliban sal insluit: