DA, VF+ verwelkom opheffing van ramptoestand

Die DA het die regering se besluit om die nasionale ramptoestand te beëindig, verwelkom. President Cyril Ramaphosa het gisteraand aangekondig die oorgangsmaatreëls wat outomaties na 30 dae verval, sluit in die verpligte dra van maskers binnenshuis, beperkings op byeenkomste en internasionale reisvereistes. Die DA se woordvoerder, Cilliers Brink, sê hulle vra reeds etlike maande dat die ramptoestand opgehef word:

Intussen sê die Vryheidsfront Plus se woordvoerder vir gesondheidsake, Philip van Staden, die feit dat die Covid-19-pandemie nou volgens die Nasionale Wet op Gesondheid bestuur word, is bloot ‘n verskuiwing van politieke mag: