Hoekom is drasakke so duur by sommige besighede?

Sommige kleinhandelaars vra buitensporige hoë pryse vir plastiek-drasakke en die omgewingsministerie het ‘n ondersoek hierna gelas. Sommige winkels en ander besighede vra tussen 1 namibiese dollar en soms tot 5 dollar ‘n sak, volgens omgewingsminister Pohamba Shifeta. Die regering kry slegs die vasgestelde 50 sent, soos die vasgestelde prys en die wet bepaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingsministerie, wat sê hulle ondersoek of die hoë pryse dalk te wyte is aan produksiekoste.