Effe meer krediet in Januarie geneem

Die jongste syfers vir kredietverlening aan die privaatsektor vir Januarie 2022 is bekend. Krediet het met 2,7 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem teenoor die 1,2 persent wat in Desember gemeet is. Volgens Simonis Storm, is die Januarie syfer effe hoër as die gemiddelde wat oor drie maande gemeet is en alle sub-kategorieë het toegeneem vir huishoudings en net oortrokke fasiliteite wat gedaal het in die besigheidsektor. Die makelaarsfirma sê besigheidskuld het veral gegroei in korttermyn lenings in landbou, visserye en vervoer.