EFF verwerp ramptoestand

Die EFF het President Cyril Ramaphosa se beroep verwerp dat ‘n ramptoestand verklaar moet word rondom die kragkrisis. Die party beskryf die oproep, wat Ramaphosa op ‘n ANC-vergadering gemaak het, as blote voorgee om iets te doen wat nie die verlammende beurtkrag sal beëindig nie. Sinawo Thambo van die EFF sê die Covid-pandemie het reeds die ANC-regering se vermoë om tragedies en rampe te gebruik as ‘n manier om die staat se hulpbronne te plunder bewys.