IMF verwag SA ekonomie sal met 1,2% groei  

Die Internasionale Monetêre Fonds verwag Suid-Afrika se ekonomie sal vanjaar teen 1,2 persent groei, ten spyte van die verergerde kragonderbrekings. Die vooruitskatting is 0,1-persent hoër as die vooruitskatting in Oktober verlede jaar. Die IMF verwag ‘n oplewing na die pandemie, maar sê swakker eksterne vraag, kragtekorte en strukturele beperkings sal vanjaar groei vertraag. Die fonds verwag groei van 1,3-persent in 2024.