Twee beskuldigdes in Ferrari-moord vry op borgtog

Twee van die drie mans wat van die moord op Daniele Ferrari beskuldig word, se formele aansoek om borgtog is vandag in die landdroshof in Windhoek toegestaan. Ferrari is op 14 Julie 2020 by die Avisdam in Windhoek beroof en vermoor. Ten spyte daarvan dat die staat bewyse gelewer het wat die beskuldigdes Kefas Iileka en Johannes Shetunyenga aan die moord verbind, het die landdros hulle op borgtog van 2 000 Namibiese dollar elk vrygelaat.