Vloedmonitering moeilik ná vandalisme by stasies

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het sy kommer uitgespreek oor talle moniteringstasies vir vloedwater gevandaliseer of toerusting gesteel is. Die landbouministerie het ‘n gesofistikeerde vloedmoniteringstelsel in alle standhoudende riviere, insluitend dié wat die efundja bring. Schlettwein sê as gevolg van die vandalisme en diefstal is die vroeë waarskuwingstelsel wat broodnodig is vir die voorkoming van vloedskade, nou totaal gedeaktiveer. Die minister sê sulke misdaad mag nie geduld word nie, aangesien dit die gemeenskappe wat die risiko van vloedskade dra, direk benadeel. Die woordvoerder van die landbouministerie, Jona Musheko het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.  

Op die vraag of die Noorde binnekort vloede gaan ervaar, het Musheko só geantwoord…