EFF sê hy sal Ramaphosa ontbloot as geldwasseraar

Die EFF wil hê President Cyril Ramaphosa moet dringend verwyder word. Die EFF-leier, Julius Malema, het vanmiddag aan die media gesê Ramaphosa het die Grondwet oortree. Dit volg ná die Artikel 89-paneel se verslag. Malema sê om die verslag op geregtelike hersiening te neem, verontagsaam die Grondwet en Suid-Afrikaners. Hy het Ramaphosa as arrogant in sy misdadigheid bestempel nadat hy versuim het om die diefstal op sy plaas in Limpopo aan te meld by wetstoepassers.