Bekentenis van Lichentstrasser in NIMT-verhoor toegelaat

Regter Christie Liebenberg het vandag in die Windhoekse hoërhof beslis dat ‘n bekentenis wat die dubbele moordbeskuldigde Ernst Lichtenstrasser op 15 Mei 2019 gemaak het, in die verhoor toelaatbaar sal wees. Die uitspraak volg op ‘n verhoor binne ‘n verhoor. Hoewel geen bewyse oor die inhoud van die bekentenis gevoer is nie, het Lichtenstrasser na bewering beken dat hy die uitvoerende direkteur van NIMT, Eckhardt Mueller en die adjunkdirekteur Heimo Hellwig, op 15 April 2019 by Arandis vermoor het.