Krieket: Engeland klop Pakistan

Krieket: Engeland het Pakistan met 74 lopies geklop in ‘n dramatiese eerste toets in Rawalpindi, wat gekenmerk is deur reuse-tellings. Die besoekers het in hulle eerste beurt ‘n reuse 657 behaal, waarop die gashere met 579 geantwoord het. Die Engelse kaptein, Ben Stokes, het op die voorlaaste dag die waagmoedige besluit geneem om Engeland se tweede beurt op 264 vir sewe te sluit, wat aan Pakistan ‘n wenteiken van 343 gestel het. Pakistan het vanoggend op 80 vir twee hervat, maar is uiteindelik kort voor die einde van die dag se spel uitgeboul vir 268.