EFF sê Godongwana is onbevoeg

Die EFF in die buurland sê die finansminister, Enoch Godongwana, is onbevoeg. Die minister lewer vandag die mediumtermynbegroting in die parlement. Daar word verwag dat die tekort op die hoofbegroting vir die huidige boekjaar 317 miljard Suid-Afrikaanse rand sal beloop, hoofsaaklik weens verbeterde invordering van inkomste. Dit is ten spyte van die ietwat hoër projeksies vir inkomstevergoeding in die openbare sektor. Volgens ʼn woordvoerder van die EFF, Floyd Shivambu het die Nasionale Tesourie die land gefaal: