Stad Windhoek wag vir minister oor Lutombi

Die burgemeester van Windhoek Sade Gawanas sê hulle wag steeds op die minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni om die aanbeveling van stad se uitvoerende komitee, vir hulle kandidaat vir hoof uitvoerende beampte goed te keur. Die raad het die uitvoerende hoof van die Paaie-owerheid Conrad Lutombi as kandidaat gekies.