Biden word oor impak van Ian ingelig

Die Amerikaanse President Joe Biden sal na verwagting vandag die jongste inligting oor orkaan Ian by die land se federale noodbestuursagentskap kry. Dit volg nadat Ian, ‘n kragtige kategorie vier-storm, gister Florida getref en meer as 2 miljoen mense sonder elektrisiteit gelaat het. Intussen het die goewerneurs van Virginia, Georgia, Suid-Carolina en Noord-Carolina almal voorkomend noodtoestande afgekondig. Voorspellers verwag Ian sal na daardie deelstate beweeg in die vorm van ‘n tropiese storm wat waarskynlik nog reën en oorstromings oor die naweek sal meebring nadat dit oor Florida beweeg het.