EFF: Polisie sloer 10 jaar om reeksverkragter te arresteer

Die EFF sê hy is met afgryse gevul oor die verskriklike dade van ‘n 32-jarige reeksverkragter, wat skuld beken het op 93 aanklagte van verkragting in die hof in Palm Ridge aan die Gautengse Oos-Rand. Nkosinathi Phakathi was ‘n dekade lank op ‘n verkragtingstog en het kinders en jong vroue tussen die ouderdomme van 12 en 20 geteiken. Die EFF se woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê dit is ontstellend, want dit het byna tien jaar voordat hy voor die howe gebring is. Sy sê dit is ‘n aanduiding van die onbevoegdheid van polisie- en misdaadintelligensiestelsels onder die ANC-regering.