Nederland gaan verskoning vra vir slawerny

Die Nederlandse regering gaan volgende maand om verskoning vra vir sy rol in slawerny tydens die land se koloniale verlede. ‘n Lid van die kabinet, Franc Weerwind, het die plan bevestig. Die regering beoog ook om sowat vier-en-‘n-half-miljard Namibiese dollar te bewillig vir ‘n fonds om bewustheid oor sy rol in slawerny te bevorder en byna ‘n half-miljard dollar vir die oprigting van ‘n slawerny-museum. Dié besluit volg na ‘n aanbeveling dat die Nederlandse regering moet erken die trans-Atlantiese slawehandel van die 17de tot 19de eeu het op misdade teen die mensdom neergekom