Hoop vir akkerbou-sektor

Die Namibiese Akkerbouraad het die invoer van 11 akkerbouprodukte in September 2022 beperk en hierdie lys tot agt produkte vir Oktober 2022 verminder. Dit is aanduidend dat plaaslike aanbod voldoende is om aan die plaaslike vraag na sekere produkte te voldoen, spesifiek vir wortels, aartappels, patat en pampoen. Volgens Simonis Storm is een positiewe ontwikkeling vir die gewas-sektor die Daures Green Village-projek noord van Swakopmund. Dit is ‘n groen waterstof-loodsprojek onder leiding van Unam en ander Europese universiteite. Die projek sal ook ‘n groenskema-program vestig wat gebruik sal word deur die plaaslike gemeenskap wat van ammoniak-gebaseerde kunsmis gebruik maak.