Tel letterlik skape om te slaap 

‘n Britse onderneming bied nou die eerste plek in die wêreld waar mense kan oornag en aan die slaap raak deur letterlik skape te tel. Die deursigtige koepel is geleë in landelike Sussex, in die middel van ‘n weiveld vol skape. Die klein slaapkamer, geskep deur ‘n slaaptegnologie-maatskappy, het ‘n dubbelbed vanwaar besoekers die ononderbroke uitsig kan geniet – of vandaar dopgehou kan word. Die onderneming is bekend as die Shleep Sanctuary en bied die volgende oggend ook ‘n gesonde ontbyt en ‘n joga-klas aan.