EFF: Kantoor van OB beskerm Cyril
Die leier van die EFF, Julius Malema, beskuldig die kantoor van die Openbare Beskermer daarvan dat hulle die belange van President Cyril Ramaphosa beskerm. Malema glo die verslag oor die Phala Phala-diefstal is polities-gemotiveerd. Hy sê die aangeleentheid moes volgens die Grondwet besleg word en nie volgens trou aan die regerende ANC nie.