EFF: Internasionale Strafhof moet Britse koninklikes ondersoek

Die EFF doen ‘n beroep op die Internasionale Strafhof om die Britse koninklike familie vir oorlogsmisdade te ondersoek. Dit volg op berigte dat prins Harry erken het hy het 25 Afghaanse soldate doodgemaak terwyl hy as ‘n helikoptervlieënier in Afghanistan diens gedoen het. Die woordvoerder van die EFF, Leigh-Ann Mathys, sê Harry se bewerings dat hy mense doodgemaak het, is roekeloos, onsensitief en onmenslik.