EFF in Limpopo verwag weghol-oorwinning in verkiesing

Die EFF in Limpopo is vol vertroue dat hy ‘n weghol-oorwinning gaan behaal in Maandag se munisipale verkiesing. Die party het planne bekend gemaak om die nywerheidsparke in Seshego en Lebowakgomo op te knap en sodoende sowat 40 000 werksgeleenthede te skep. EFF-voorsitter, Jossey Buthane, voeg by die party sal seker maak alle straathandelaars in Seshego en Polokwane kan gratis handel dryf en dat alle munisipale veiligheidspersoneel permanent aangestel word.