Amerikaanse Ope: McIlroy een hou agter Fowler, Clark

Rory McIlroy begin vandag se laaste ronde van die Amerikaanse Ope op een hou agter die gesamentlike voorlopers Rickie Fowler en Wyndham Clark. Die Noord-Ierse speler, wat die laaste van sy vier major-titels in 2014 gewen het, het ‘n een-onder 69 aangeteken om na nege-onder te beweeg. Fowler, wat sy eerste major jaag, het ‘n brouhou geslaan op die laaste putjie en 70 behaal, en só by sy landgenoot Clark aangesluit op tien-onder. Die wêreld se nommer een-speler, Scottie Scheffler, is drie houe agter hulle, op sewe-onder, ná ‘n arend op die 17de en ‘n voëltjie op die 18de.