Eerste minister sê oor voedselhulp as reën wegbly

Die reënseisoen tot dusver vertoon baie swak en daar is kommer oor voedseltekorte in gemeenskappe wat reeds kwesbaar is. Die kantoor van die eerste minister koördineer voedselhulp aan gemeenskappe ten tyde van droogtes en in gebiede waar voedselproduksie nie suksesvol was nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila gepraat en sy sê daar is wel kommer.

Sy sê daar is hoop op goeie reënval in die volgende maande maar, haar kantoor is in konstante kontak met owerhede in kwesbare gebiede.