Amupanda se erwe-hofsaak druk regering in ‘n lelike hoek

Die regering is in ‘n hoek gedruk in die saak waar die Affirmative Repositioning-beweging hom dagvaar vir die lewering van 200 000 erwe, of die diens van 200 000 erwe minus die wat reeds gelewer is, sedert 24 Julie 2015. Destyds het President Hage Geingob onderneem, na ‘n vergadering met Job Amupanda, om die erwe te lewer. Dit staat het gepoog om die ooreenkoms ter syde te laat stel omdat dit volgens hom nie bindend is nie. Die staat het ook gesê dat Amupanda se eis vaag is. Die aansoek is van die hand gewys deur regter Orben Sibeya wat die staat in ‘n uiters moeilike posisie plaas in verband met die beweging se aansoek. Nou wil die staat in die hooggeregshof teen Sibeya se bevinding appelleer en vra dat die regter die saak tot 6 April volgende jaar uitstel sodat die hooggeregshof ‘n datum vir die appèl kan neerlê.