Diefstal lei tot watertekorte op Walvis, geen kommer oor vakansie nie

Inwoners van Walvisbaai is gemaan om water spaarsamig te gebruik as gevolg van kabeldiefstal en skade wat deur onlangse sterk winde veroorsaak is. Volgens NamWater is die produksie van beide boorgate en reservoirs op die oomblik ver onder die teikens. Die probleem sal ook nie binnekort opgelos word nie, soos John Esterhuizen, die munisipaliteit se algemene bestuurder van waterdienste verduidelik.

Hy voeg by dat daar nie te veel uitdagings oor die feestyd, met meer besoekers, sal wees nie.