Eerste minister: Pak 2023 met nuwe ywer aan

Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê Namibiërs moet die uitdagings van die nuwe jaar met hernude ywer aanpak. Die Namibiese regering het die jaar 2023 as die jaar van herlewing gedoop. Sy wens alle Namibiërs ‘n geseënde 2023 toe.