Ramaphosa: Staan saam en herbou Suid-Afrika

In die buurland sê President Cyril Ramaphosa in sy Nuwejaarsboodskap dit is Suid-Afrikaners se menslikheid in moeilike tye wat hulle van ander nasies onderskei. Die President sê hoewel die land die afgelope jaar ‘n aantal teenslae ervaar het , soos verwoestende oorstromings, noodlottige ongelukke beurtkrag, korrupsie, asook werkloosheid en armoede, bly Suid-Afrikaners veerkragtig.  Hy vra dat almal saam staan en die land herbou om die ekonomie en lewens van Suid-Afrikaners te verbeter.