Eerste inheemse Amerikaase vroue in die ruimte

Die ruimtevaarder, Nicole Aunapu Mann, sal die sending-bevelvoerder wees wanneer Nasa volgende maand ‘n nuwe bemanning die ruimte in stuur op die SpaceX Dragon-ruimtetuig. Dit sal die eerste keer wees dat ‘n inheemse Amerikaner na die ruimte reis. Mann sê inheemse Amerikaanse kinders moet besef die ou hindernisse word afgebreek. Sy gaan ‘n droomvanger by haar toegelate persoonlike items van 1,4 kilogram insluit op die reis na die Internasionale Ruimtestasie op 29 September.