Proteas verheug oor hul sege oor Engeland

Krieket: Die Proteas het Engeland met ʼn beurt en 12 lopies geklop in die eerste toets op Lord’s om met een-nul in die reeks van drie wedstryde voor te loop. Engeland het 165 in sy eerste beurt aangeteken, waarop Dean Elgar se manne met 329 geantwoord het, ʼn voorsprong van 161 lopies. Engeland kon in hulle tweede beurt net 149 bymekaar skraap, om aan die Proteas ʼn oorwinning met ʼn beurt en 12 lopies te besorg. Kagiso Rabada was die Speler van die Wedstryd. Die tweede toets begin Donderdag op Old Trafford.