Gauteng het waterbeperkings as gevolg van beurtkrag

Die DA in Gauteng doen ‘n beroep op inwoners om vlak een-waterbeperkings te gehoorsaam om die uitwerking van beurtkrag op die watertoevoer te verminder. Die langdurige beurtkrag het groot impak op die provinsie se water-reservoirs. Die DA se woordvoerder, Buchule Putini, sê dit is teen dié tyd duidelik dat Eskom en die ANC-regering nié ’n lewensvatbare oplossing sal hê om volhoubare krag vir Suid-Afrika te produseer nie: