Vigs-syfers sou laer gewees het as sodomie wettig was – Haufiku

Geslagsaktiviste in Namibië plaas druk op die regering om sodomie te dekriminaliseer. Gesondheidskenners is van mening indien sodomie gedekriminaliseer word, die regering kondome aan manlike gevangenes kan lewer om die verspreiding van seksuele oordraagbare siektes te voorkom. Volgens die Namibië Geïntegreerde Biologiese en Gedragstudie van 2019 is die voorkoms van MIV hoog met 20,9 persent in Windhoek, 21,2 persent op Walvisbaai en 43.6% op Katima Mulilo. Volgens die voormalige Namibiese gesondheidsminister, dr. Bernard Haufiku, sou hierdie syfers laer gewees het as sodomie jare gelede al gekriminaliseer was. Dr. Haufiku verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.