Een verdagte van transito-rooftog vas

Een van die verdagtes in gisteroggend se gewapende transito-rooftog by die Woermann Brock-kompleks in Hochlandpark in die hoofstad, ‘n 43-jarige man, is in gisteraand in hegtenis geneem, het die Namibiese polisie bevestig. Die verdagtes het met sowat 1,5 miljoen Namibiese dollar weggekom en die polisie het ook bevestig die buit is steeds skoonveld. Die polisieondersoek duur voort. ‘n Woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Elifas Kuwinga, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.