Covid-19: 16 sterftes in drie distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 16 Covid-sterfgevalle in drie distrikte aangekondig, asook 355 nuwe gevalle uit 1 416 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 25% is. In die groep is 61 leerders, 17 onderwysers, ses studente en nege gesondheidswerkers. Daar is nou 20 365 aktiewe gevalle, waarvan 387 gehospitaliseer en 75 in intensiewesorgeenhede is.