DA besoek KwaZulu-Natal ná onluste

DA-leier John Steenhuisen het vandag sy bevindings bekend gemaak ná sy besoeke aan gemeenskappe na afloop van die onlangse gewelddadige oproer en plundery in KwaZulu-Natal. Hy het ook gesê hoe die DA beplan om die provinsie te verenig, te herbou en te beskerm. Hy dring aan dat nasionale en provinsiale ondersoeke gedoen word oor die gebrek aan polisieoptrede tydens die onluste. Steenhuisen sê provinsiale DA-raadslede sal met rolspelers vergader om alle kwessies rondom dienslewering te bespreek en maniere te vind om politici se beskuldigings op rassegrondslag uit te roei.