Een vas na drie doodgeskiet is by gradeplegtigheid

 Die polisie het een verdagte in hegtenis geneem nadat drie mense doodgeskiet is tydens ‘n gradeplegtigheid by die Ateneo de Manila Universiteit in die Filippyne. Quezon se polisiewoordvoerder, Remus Medina, sê die skietery was moontlik ‘n sluipmoord. Die voormalige burgemeester van Lamitan, Rose Furigay, is geskiet toe sy op die punt was om haar dogter se gradeplegtigheid by te woon. Die twee ander twee mense wat gesterf het, was ‘n kampus-veiligheidsbeampte en ‘n ongeïdentifiseerde man.