DA verwelkom Mandisa Maya as adjunk-hoofregter

Die DA het Mandisa Maya se aanstelling as adjunkhoofregter van Suid-Afrika verwelkom. Die party het Maya die beste toegewens in haar belangrike rol en vertrou sy sal die onafhanklikheid van die regbank en die beginsel van grondwetlikheid handhaaf. ‘n Sterk, onafhankllike regbank is die ruggraat van ‘n vry en regverdige samelewing waar almal gelyk is voor die reg. Glynnis Breytenbach van die DA sê Maya se rol om die regbank te beskerm en uit te bou is noodsaaklik om dié ideaal te verwesenlik.