Een uit nege volwassenes in SA ly aan diabetes

Pharma Dynamics versoek die Suid-Afrikaanse regering om meer te doen om die toename in die gevalle van diabetes in die land om te keer. In die aanloop tot Wêreld-Diabetesdag toon ‘n studie deur Lancet een uit nege volwassenes ly aan die toestand. Suid-Afrika het die grootste voorkoms van vetsug in Afrika suid van die Sahara. Volgens ʼn woordvoerder van Pharma Dynamic, Nicole Jennings, het 4,2 miljoen mense in Suid-Afrika diabetes. Jennings sê die siekte is die grootste oorsaak van sterftes onder vroue, en die tweede grootste oorsaak van dood onder die totale bevolking.