SA staking gaan impak op Namibiese toerismesektor hê

Mense wat Suid-Afrika van Donderdag af wil binnekom of verlaat deur lughawens of grensposte, sal niemand hê wat hul paspoorte kan stempel nie. Dit is van die ontwrigtings wat volgens Reuben Maleka, woordvoerder van die Vereniging van Staatsamptenare, op Suid-Afrikaners en besoekers wag wanneer die vakbond van Donderdag af begin staak. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging, Gitta Paetzold sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe dit die Namibiese toerismesektor gaan raak.