Ekonoom: Politiek speel ‘n groot rol in markpryse

Die bekende Suid-Afrikaanse Ekonoom Dawie Roodt verduidelik hoe die Amerikaanse dollar die styging of daling in die oliepryse beïnvloed. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die Amerikaanse dollar ‘n baie belangrike deel is van die meeste ekonomiese faktore, soos olie. Roodt sê politiek speel ook ‘n groot rol in wat in die markte gebeur. Dit volg na aanleiding van plasing van ‘n tegniese aandele-handelaar op sosiale media wat sê as jy Amerikaanse olie-aandele het, is dit ‘n senuweeagtige tyd as die Republikeine nie so goed doen soos na verwagting nie.